OPMERKINGS EN VRAE TEN OPSIGTE VAN DIE 4X4 FISIKA WAT BY DIE AANLYN  4X4 OPLEIDING INGEBRING IS

Die rede waarom 4x4 Fisika by ons lesings ingebou is, is eenvoudig - dis feitelik, verklarend en gee dieper insig.

Ons wil egter voornemende 4x4 kandidate wat nie wiskundig ge-orienteerd is nie, gerus stel. Geen wiskundige berekeninge is nodig om 4x4 te kan ry of om 'n 4x4 herwinning te doen nie.  Die Fisika in die lesings gegee word wel ook in leke taal verduidelik.

Ons het geen voornemens of belang daarin om enige persoon Fisika te leer nie. Persone wat in die 4x4 Fisika belangstel, is gewoonlik persone wat reeds wiskundig geletterd is, of 'n wyer belangstelling in 4x4 toon, soos byvoorbeeld om 4x4 onderrig te gee of herwinningspunte te ontwerp.

Fisika lewer nuttige formules wat praktiese 4x4 toepassings het. Fisika beginsels verduidelik ook die werking van transmissie stelsels en elektroniese veldry funksies. Dit gee 'n beter begrip van 4x4 termes wat algemeen gebruik word, soos rolhoeke, rolweerstand, wringkrag, drywing, momentum, breeksterktes, veilige sterktes ens. Vir ons as 'n 4x4 Akademie, is die Fisika en insig wat dit verleen van kardinale belang. Dit stel ons in staat om eerstehandse en feitlike inligting deur te gee.

So terloops, as jy wil scuba of bergklim - sal jy ook te doen kry met fisika in die leer materiaal.